Baleia Ekstrasuiwer Olyfolie

Baleia-Extra-Virgin-Olive-Oil-500ml-LRDit is nie aldag dat jy verwag om ‘n premium wynproelokaal op die N2 anderkant Riversdal aan te tref nie. Wat nog te sê van ‘n ekstrasuiwer olyfolieprodusent? Wel, die span van Baleia is een van daai “moet ontdek” tipe produsente. Hulle maak fantastiese wyn, en hulle maak ewe fantastiese olyfolie.

Ek ken lankal reeds die reeks Baleia wyne, maar het onlangs eers hul premium olyfolie ontdek. Die nuwe 500ml bottel is ‘n versnit van Frantoio, Corantina, FS17 en Leccino. Die liggeel/groen kleur van die olie het die kenmerkende reuk van varsgesnyde gras, waarop die geure van groen tamaties, artisjokke, amandels en groen appels volg. Die olie het die klassieke karaktereienskappe van ‘n premium olyfolie – ‘n aangename peperagtige bitterheid en brandsensasie in jou keel nadat jy die olie gesluk het.

Die eerste olyfbome is op die plaas geplant in 2008. Die grond is blykbaar kalsiumryk en naby aan die kus – ideale omstandighede vir olyfbome. Organiese sowel as biologiese boermetodes word ingespan om die omgewing te respekteer en hulle trek die voordeel van ‘n Mediterreense klimaat. Baleia lewer ook vier verskillende geure tafelolywe: gewoon, chillie, knoffel en roosmaryn.

Besoek gerus Baleia se proelokaal buite Riversdal – hulle is tans die enigste wynprodusent in hul area en spesialiseer in Pinot Noir, Chardonnay en Tempranillo.

Kontak: GM en Wynmaker – Abraham de Klerk gm@baleiawines.com

Web: www.baleiawines.com

Tel: 028-713 1214

Print Friendly
Deel dit:

Leave a Reply